Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riverview

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baumeesterstraat 5, Fisherman's Village, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R650 R520 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Riverview beslaan 'n deel van die eienaar se huis, maar bied heeltemal privaat selfsorgverblyf in Velddrif.

Dié knus oopplan-eenheid beskik oor 'n slaapkamer, en suite-badkamer en kombuisie. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n gemaklike rusbank. 'n Stort, wasbak en toilet is in die en suite-badkamer beskikbaar.

Die kombuisie is toegerus met basiese verhit-en-eetgeriewe soos 'n mikrogolfoond, yskassie, broodrooster, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe.

Ander geriewe in die kamer sluit 'n TV met Netflix- en Showmax-kanale en gratis WiFi in.

Dié eenheid spog met wonderlike uitsigte oor die rivier asook direkte toegang tot die water en privaat braaigeriewe wat vir die gaste gereserveer is. Veilige onderdakparkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar.

Die woonstel is sentraal geleë en is 'n kort entjie vanaf restaurante, hoop en toeriste-aantreklikhede.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Annemarie G
Saam met lewensmaat
5.0
Wow, what a stay! Beslis aanbeveelbaar. Ons het lank na (ontvangstyd) daar aangekom en is met ope arms ontvang deur Kobie. Alles wat nodig is, het ons...
Sien meer
Nov 2024
Bernardette C
Saam met lewensmaat
5.0
Hostess was friendly and very accommodating. I will definitely use it again. Peaceful, love the location.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Johanna H
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvry, vriendelik, behulpsaam, gemaklik. Ja, baie lekker. Ja, baie geniet.
Okt 2024
Andriessa M
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en pragtige uitsig! Ons het lekker gebly. Baie rondgery en interessante eetplekkies besoek.
Okt 2024
Carola V
5.0
Lieflik! Hulle sien my weer! Ongelooflike vriendelike diens. Pragtige uitsig. Gerieflike kamer en badkamer. Ek sal beslis weer teruggaan!
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Kobie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Baumeesterstraat 5, Fisherman's Village, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riverview het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Velddrif Weskus Wes-Kaap
Vanaf R650
R 650 R 520
per nag (plek vir 2)
Vanaf R650
R 650 R 520
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Baumeesterstraat 5, Fisherman's Village, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf04fc0286b8da40f52ad8daa84d68b35aba9094a4fc9604d4cc70d233dd90ebb6063616d0edffc55623a59c240183667fe68?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R650 nouVanaf R520 per nag (plek vir 2) 44 5 1 5 5 Baumeester Street Fisherman's Village 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.787354179175 18.165260702845

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang