Riverview River Club
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piesang Valley-weg, The River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Riverview River Club bied selfsorgverblyf teen die rivier op die veilige River Club-landgoed in Plettenbergbaai. Dit is ideaal vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie aangesien dit stapafstand van die gewilde strande af is.
Die dubbelverdieping-eenheid bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ruim en het 'n koningingrootte-bed en 'n TV en direkte toegang tot die boonste balkon. Daar is nog 2 slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Beide badkamers het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp met hoë plafonne en die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies toegerus. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die kombuis lei na 'n eetarea met 'n etenstafel met 8 stoele en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met volledige DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Stapeldeure lei na 'n onderdakstoep met buitemeubels en 'n Weber-braai. Dit is die ideale plekkie vir gaste om saam tyd te spandeer en die rustige omgewing te geniet. Alle gaste het volledige toegang tot die oord se gemeenskaplike swembad en tennisbane.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Nadine Geverifieer
Eiendomme 20
Resensies 4
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Piesang Valley-weg, The River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Riverview River Club het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Piesang Valley-weg, The River Club, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang