Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Robertson Boutique Backpackers

Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dordrechtlaan 4, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Robertson Boutique Backpackers is in Robertson en gaste kan van die beste wyne in die kontrei kom proe, in die natuur kom wandel of op die rivier kom vaar. Daar is 'n sonverhitte swembad, lieflike tuin, braai-area en 'n gastesitkamer met 'n groot platskerm-TV met DStv en sport-kanale alles beskikbaar. Sonpanele en batterye is vir beurtkrag geïnstalleer.

Die kamers is groot en lugtig met hoë plafonne en al die beddens is opgemaak met gemaklike duvets en kussings. Daar is verskeie opsies van Slaapsaalkamers en Dubbelsakpaskamers met gemeenskaplike badkamers en die gewildste kamer is die die lieflike en suite-tuinkamers met ’n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe. Alle linne word voorsien en gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die welige tuin het die mooiste uitsigte op die berge en word in die aand deur lampe en lanterns verlig. Die nuwe verhitte swembad is net wat jy benodig na 'n lang dag in die son. Daar is 'n goed toegeruste plaaskombuis vir al ons gaste en 'n gemeenskaplike braai-area. Gratis WiFi is oral beskikbaar.

Dit is 'n uitstekende basis vanwaar jy die wonderlike vallei van wyn en rose kan verken. As jy wil wegbreek van die gejaag van die alledaagse lewe en aan plattelandse aktiwiteite deelneem, is dit nét die plek om te wees.

Let asb. dat die verblyf 'n plattelandse rugsakreisigerslosies is en laat nie geraas of musiek toe nie aangesien die bure en ander gaste in ag geneem moet word. Besoekers word toegelaat nie.

Robertson Boutique Backpackers het sonpanele wat ligte en WiFi tydens beurtkrag aanhou. Daar is ook 'n gasstoof vir gaste om te gebruik.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 96 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Natasha M
5.0
Gerieflike, rustiger, mooi plek. Baie lekker gebly, net wat ek gesoek het. Rustiger, mooi plek.
Des 2024
Jason J
Gesin met klein kinders
5.0
Beslis waarde vir geld. Ontvangs was baie goed. Kamer gerieflik, netjies en skoon. Rustige atmosfeer.
Sep 2024
Jonathan A
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Fantasties, loved it for sure.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Charlaine P
Saam met vriende
5.0
Ons het net daar geslaap, kon nie die plek benut nie. Ons het lekker gebly, alles is mooi skoon en netjies.
Jul 2024
Dauline D
Saam met vriende
5.0
Beste backpackers! Silwerskoon, netjies. Baie lekker braaigeriewe. Sal beslis aanbeveel!
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Lynda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 113

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Dordrechtlaan 4, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink Robertson Boutique Backpackers het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dordrechtlaan 4, Robertson, 6705, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUyMTc5NmYxLTAzN2EtNDc4Ni04NjlmLTc0ZjNhZjhjOTdhMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 96 5 1 5 4 Dordrecht Avenue Robertson 6705 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.796961 19.891172

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang