Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rock Lodge Vaalwater

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bakkerspass-weg, Rock Lodge, Vaalwater, 014, Limpopo
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rock Lodge Vaalwater is in die hartjie van die Waterberge en bied selfsorg-verblyf in chalets. Die lodge is op ’n 360 hektaar-bosveldplaas geleë met wild soos die bosbok, njala, kameelperd, rooibok, kudu, volstruis, swartwitpens, vlakvark, wildebees en zebra wat vrylik rondbeweeg.

Die lodge het 5 privaat chalets. Gemsbok, Kudu en Hartbees is oopplan-chalets wat elk ’n dubbelbed, en suite-badkamer en kombuisie met ’n yskassie, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, eetgerei en breekware het.

Duiker-chalet is ideaal vir ’n gesin met jong kinders en bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Die chalet het 2 slaapkamers, 1 badkamer en kombuisie met ’n yskassie, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Zebra-chalet beskik oor 2 en suite-slaapkamers en 'n aparte kombuis. Een slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad en die ander badkamer het 'n stort. Elke chalet het ’n privaat, oop boma met ’n braai en 'n opwasarea.

Alhoewel elke chalet toegerus is vir selfsorg, is daar restaurante in Vaalwater sowat 10 minute van die plaas af. Die lodge bied ’n gemeenskaplike ontspanningsarea met eet- en sitareas en ’n rotspoel. Daar is ook ’n lieflike dek met ’n ononderbroke uitsig oor die bosveld. Gaste kan skemerkelkies op die dek drink terwyl hulle die uitsig op die Waterberge bewonder of ’n Afrika-sonsondergang geniet. Doendinge by die lodge sluit stap, fietsry en wildkyk by die watergat in. Die lodge is sowat 3 ure se ry vanaf Johannesburg en 2 ure se ry vanaf Pretoria-Oos met ’n grondpad van slegs 3 km lank.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 76 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Hilbert F
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, stil en vredevol in die Bosveld. Baie rustig, stil en vrede. Sal weer gaan rus, maar die keer voor die winter as dit nie so droog is nie.
Okt 2024
Pieter P
Saam met lewensmaat
5.0
A fantastic escape from the city. A beautiful place. Clean, tidy, has everything one needs. The staff are very helpful and friendly. De...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Ina V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike rustige aand gehad, lekker geslaap. Die verblyf was uitstekend, het reeds die lodge aan al my vriende aanbeveel.
Sep 2024
Hannes R
Saam met lewensmaat
5.0
'n Fantastiese wegbreek uit die stad in die bosveld met sy landskap en diere. Rock Lodge is die ideale wegbreekplek vir mense wat wil ontsnap uit die ...
Sien meer
Aug 2024
Karen T
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig. Doodstil. Sal dit enige tyd aanbeveel. 'n Pragtige plek. Skoon, netjies, het alles wat mens nodig het. Die staf is baie behulpsaam en vriende...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lana Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 76

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Bakkerspass-weg, Rock Lodge, Vaalwater, 014, Limpopo
  • Gaste dink Rock Lodge Vaalwater het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bakkerspass-weg, Rock Lodge, Vaalwater, 014, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA570a94343fb5a9a009b888ae39644e68d8702d4e72788ea6c841b2d21fa2564eb61affc4ef2e3b05254a03c1da51dfae9660?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 76 5 1 5 Bakkerspass Road Rock Lodge 014 Limpopo 021 201 8901 11:00-16:00 10:00 -24.287350576042 28.035471903765

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang