Rockstar Game Lodge
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plot 77, Kromdraai, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R9 500 per nag (plek vir 20)
Beskrywing
Rockstar Game Lodge, teen die pragtige agtergrond van die Waterberge in die hartjie van Limpopo, is 'n rustige boswegbreek. Geleë in Kromdraai, 67 km vanaf Bela-Bela, is dit 'n ideale opsie vir 'n groot groep vriende en familie om van die werklikheid te ontsnap aangesien dit afgesonder is en 'n privaat swembad het.
Hierdie eiendom kan altesaam 20 volwassenes en 6 kinders op 'n slag akkommodeer. Dit beskik oor 13 slaapkamers wat óf ingerig is met 'n koningingrootte-bed óf 2 enkelbeddens vir kinders. Al 10 badkamers is en suite en toegerus met óf 'n stort óf 'n bad of albei. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Dié lodge het 'n leefarea met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Boonop is daar 'n vermaakarea met 'n binnebraai, 'n kroeg, 'n jacuzzi, 'n pooltafel en 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek. Daar is ook gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale.
Buite kan gaste in die swembad afkoel terwyl hulle son geniet. Ander geriewe sluit 'n boma waar gaste kan saamdrom, 'n wildkyktoring, 'n veilige onderdakmotorafdak, 'n waskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër asook 'n oerwoudgimnasium vir kinders in.
Daar is sonpanele wat die ligte en TV ondersteun tydens beurtkrag.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Wildritte
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.4/5
Lelanie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Plot 77, Kromdraai, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plot 77, Kromdraai, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang