Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rooibos Luxury Bush Cottage

Weeksdagaanbod 40% af

Kry 40% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 11 Jul 2024 tot 12 Des 2024.

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Rooibosweg 555, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R4 000 R2 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rooibos Luxury Bush Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige Afrika-styl kothuis slegs 70 km vanaf die Krugerwildtuin se Orpen-hek in die Hoedspruit Wildlandgoed geleë.

Rooibos Luxury Bush Cottage het sonkrag en tydens beurtkrag werk al die ligte, WiFi, die plafonwaaier en die yskas. Die stoof en geiser werk met gas.

Die ruim kothuis bied 'n uitsig oor die bosveld en het slaapplek vir 2 gaste in 1 lieflike oopplan-slaapkamer met 'n koninggrootte-bed. Daar is 'n aparte badkamer sowel as 'n kombuis en die en suite-badkamer het 'n binne- en buitestort.

Die ruim oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en gaste kan hul maaltye by die toonbank geniet. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien beskikbaar. Die leefarea het WiFi en lei na die onderdakstoep.

Die stoep het sitplek en 'n eetarea met 'n uitsig oor die swembad, wat eksklusief vir gaste se gebruik is. Daar is ook 'n braaiboma waar gaste lekker onder die Afrika-hemel kan kuier.

Die kothuis word deur groot bome soos maroela-, knoppiesdoring- en hardekoolbome omring. Wild op die landgoed sluit kameelperde, sebras, rooibokke, ystervarke, vlakvarke en duikers in. Dié kan ook op wildritte besigtig word. Duikers, vlakvarke en blou-ape besoek soms die kothuis, en daar is 'n oorvloed voëllewe.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Jenny Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Rooibosweg 555, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Rooibos Luxury Bush Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 000
R 4 000 R 2 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf R4 000
R 4 000 R 2 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Rooibosweg 555, Hoedspruit Wildlandgoed, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1cdcee482273ce050d815fe5ef7b03015b464ef39b16f06090d5f31350e6463350559c0c0b77f9a9f6d0468d7cec14cb3766?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 000 nouVanaf R2 400 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 555 Rooibos Road Hoedspruit Wildlife Estate 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 09:00 -24.341648996457 30.986280078521

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang