Ruanda Gastehuis
- Kapasiteit: 15 persone
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R363, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ruanda Gastehuis is 1,5 km buite Vredendal geleë en bied gehalteverblyf vir reisigers. Die gastehuis grens aan wingerde en bied 'n pragtige en goed versorgde boomryke tuin.
Die gastehuis bestaan uit 8 en suite-slaapkamers met 'n dubbelbed of enkelbeddens. Elke kamer het lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, en koffie- en teemaakgeriewe.
Verder spog die gastehuis ook met aangewese braai-areas, 'n ruim, gemeenskaplike sitkamer met 'n kroeg, 'n ingeboude braai, 'n pooltafel en 'n eetsaal. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter ‘n motorhek.
Vredendal is aan die oewer van die Olifantsrivier geleë en word omring deur pragtige wingerde. Die dorp is ook naby die kusdorpies Doringbaai en Strandfontein wat dit ideaal maak vir 'n dag op die strand. Die wynroetes en jaarlikse Namakwaland-blommeseisoen is gewilde besienswaardighede in die omgewing.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Marinda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 72
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R363, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
- Gaste dink Ruanda Gastehuis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 15 mense
- Geen kinders onder 8
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R363, Vredendal, 8160, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang