Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Rustique Boutique Hotel

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
3.9
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
4.1
Suriaan D
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2024

Heerlik saam met vriende gekuier wat ons lanklaas gesien het. Ons wil graag al die personeel, veral die kroegpersoneel, hartlik bedank vir hulle uitstekende diens en vriendelikheid! Ons het verskriklik lekker gebly, geëet en gekuier by Rustique. Ons was die wat tot 01:00 die oggend nog lekker gekuier het en die personeel het ons die hele tyd op hulle hande gedra. 'n Pluimpie vir hulle wat so goed kop gehou het met die drankrekeninge! Sondagoggend was hulle almal weer vroeg op hulle poste met net sulke groot glimlagte. Die ontvangsdames wat ons Saterdag ontvang en Sondag gegroet het, was baie vriendelik en professioneel. Die kamers is pragtig en baie netjies en die beddens het heerlik geslaap. Al klein probleem met die kamers is die mure wat baie dun is en mens die bure kan hoor praat. Ek neem aan ons arme bure het wakker geword toe ons insluip soos stout tieners. Jammer daaroor. Die buite area van die restaurant is lekker groot en ideaal vir groot funksies. Weereens baie dankie vir julle gasvryheid!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Annelie V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2023

Baie netjies. Rustige atmosfeer. Kamers netjies en mooi. Diens uitstekend.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Cecil N
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Jul 2023

Baie lekker, maar bietjie geraas. Net die mense het geraas in die restaurant, maar is gou stilgemaak.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tj E
1 nag Saam met lewensmaat
3.2
Des 2023

Lawaaierig en swak onderhoud. Ons het slegs een nag by die verblyf oorgebly. Alhoewel die kamers baie potensiaal het, was ons algehele ervaring geteister deur verskeie probleme. Die personeel het heropleiding nodig m.b.t. kamerversorging. Die beddegoed was opvallend uitgewas en geskeur. Die een bedkassie het nie 'n dubbelprop-adapter gehad nie, so dit kon nie gebruik word nie. Die stort het deeglike skoonmaak benodig, soos blyk uit spinnerakke wat al erg stof opgegaar het. Verder was die afstandbeheer van die lugversorging nog 'n uitdaging, wat dit moeilik gemaak het om 'n gemaklike temperatuur in te stel. Ten spyte van ons voorkeur vir oop vensters, het buitensporige lawaai van die aangrensende restaurant ons genoodsaak om die vensters toe te hou. Ons toegewese kamer, 102, was net twee eenhede weg van die restaurant, wat 'n beduidende probleem geblyk het. Die restaurant het 'n gebrek aan oorweging vir oornag-gaste getoon, met harde musiek en gaste se gepraat wat voortgeduur het ná 23:00. Dit het ons slaap versteur en ons verwagting van 'n rustige, afgeleë ligging teengestaan. Ontbyt was ingesluit en alhoewel dit beperkte opsies gebied het, het ons waardeer dat die kelner en bestuurder ons toegelaat het om van die ander ontbytitems te kies wat op die gewone restaurant spyskaart beskikbaar was - selfs al was die kosteverskil gering. Hierdie verligting was egter van kort duur. Tydens uitklok het ons 'n fout in ons rekening ontdek, wat 'n uitstaande bedrag van net onder R400 vir 'n ete by die restaurant die vorige aand - wat ons nooit gehad het nie. Sy bevraagteken of ons nie uitstaande verblyfkostes het nie, waarna ek haar gewys het ons het reeds die volledige bedrag vooruit betaal. Die ontvangsdame het onsekerheid getoon in die hantering van die situasie en met 'n huiwerige verskoning gesê dat sy die probleem met die bestuurder sou regstel. Hierdie laaste struikelblok het ons algehele indruk van die verblyf bevlek, en ons het met 'n gevoel van teleurstelling en frustrasie agtergebly. Ons hoop opreg dat verbeteringe aangebring sal word tot voordeel van toekomstige gaste.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Chantelle S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2019

Wonderlike verblyf en heerlike kos! Kamer was skoon en netjies, kos was heerlik. Sal beslis weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tertius V
1 nag Saam met vriende
5.0
Okt 2018

Baie gemaklik en gesellig. Net een ding: sal net voorstel om klank tussen twee kamers te probeer opbreek. Kan gaste langsaan deur deurgang hoor.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anton R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2018

Amazing! Welgedaan! Puik diens, puik kos, almal gaan uit die pad om jou te help en niks is te veel moeite nie! Jy kan net daar bly en rustig wees, restaurant is uit die boonste rakke! My kids was in die wolke met springkasteel, diens en talle board games!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ramona Katzke K
1 nag
4.6
Apr 2018

Heerlik en mooi. Kamers ongelooflik stylvol. Badkamers, veral die groot bad baie geniet. Mooi uitsigte op water. Vanuit kamer en op stoepie. Dalk kan ontbyt bietjie verbeter.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Marlize V
1 nag
1.4
Apr 2018

By verre die grootste teleurstelling! 'n Hotel en spa wat in 'n nagklub/karaoke omswaai? Ek het my comrades qualifying marathon gaan hardloop en die musiek was tot na middernag oorverdowend. Ek moes 03:00 al by eie venue wees so my wekker was vir 02:40 gestel. Ek het die bestuurder gaan sê ek kan nie meer nie, waar hy gesê het dat hy vir die eienaar gesê het dis onaanvaarbaar, maar die eienaar gee nie om nie. Dronk gaste het terug na die dansplek geloop en my gedreig. Die bestuurder kon my 3 kamers weg stuur, dis aangrensend aan die plaas langsaan, waar die wag gesê het ek moet maar net vir veiligheid my patio se lig heel aand aanhou.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Michelle M
1 nag Besigheidsreis
5.0
Sep 2017

Surprisingly awesome! This venue is amazing value for money and very friendly and helpful staff! Well located and beautiful rooms with everything for which you could ask!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Rustique Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ou Belfast-pad, R104, Riverside Estate, Middelburg, 1050, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA12a9857c8792c4710f9ea479d49f476acf4ee18039f523b0b64a61621fdc255bdec38f34d627c6ec6f420b86acff3375d0dc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag, vir 2 mense 20 5 1 4 R104, Old Belfast Road Rverside Estate 1050 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.763310293008 29.513944387436

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789