Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sage Cottage

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 17:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vasco Da Gama-weg 54, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Vanaf R6 800 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sage Cottage is lieflike selfsorghuis vir tot 8 mense in Kenton-on-Sea, en is 600 m van die strand af geleë.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 1 en suite-badkamer en 2 gedeelde badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die vierde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Albei die badkamers het elk 'n bad en 'n stort.

Daar is 'n vierde slaapkamer met 'n en suite-badkamer wat op versoek beskikbaar gestel kan word.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n 4-plaat-gasstoof en elektriese oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Opwaskamer, 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien, asook 'n tuimeldroër is ook beskikbaar. Die huis kan teen 'n ekstra koste gediens word.

Die leefarea maak oop op 'n sonnige onderdakstoep met 'n ingeboude braai en kyk uit oor die privaat tuin. Parkeerplek is beskikbaar in die dubbelmotorhuis, en vir ekstra gemoedsrus is die huis gekoppel aan 'n sekuriteitsmaatskappy. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Sage Cottage is 650 vanaf die middedorp wat verskeie winkels, kafees, restaurante, asook skoonheid- en haarsalonne bied. Kenton-on-Sea bied 'n verskeidenheid doendinge soos stap-, voetslaan- en bergfietsroetes, daguitstappies in die Kariega-wildreservaat of Sibuya-wildreservaat, swem, visvang en ander watersportsoorte, asook 'n wye verskeidenheid voëllewe vir voëlkyk.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad

Badkamer

Toilet

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Leon H
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties! Ons is ontvang met heerlike verwelkomingsbederfies, baie spasie, rustigheid, veiligheid, alles wat benodig is. Regtig lekker gekuier!
Nov 2024
Nick Q
Gesin met klein kinders
5.0
Thoughtful host. Good location. Melanie is a fantastic host! Perfect house for a family on a seaside getaway. Secure garage was also ha...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Adelé B
Saam met lewensmaat
5.0
Net sielskos! Juweel van 'n plekkie!
Mrt 2024
Wilma B
Saam met lewensmaat
5.0
Vrede en rustigheid omring hierdie huis! Ons het heerlik in die ruim, koel huis gebly. Die ruim stoep wat toegebou is met glasdeure en wat uitloop op ...
Sien meer
Nov 2023
Christa C
Saam met vriende
5.0
Very comfortable. My friends and I enjoyed our stay. The cottage is perfectly located within walking distance of the beach as well as t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Melani Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Vasco Da Gama-weg 54, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Gaste dink Sage Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 800
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 6 800
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 17:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vasco Da Gama-weg 54, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA439d05e55e1c11e5490c63fb07a055891e7e0532bbd1a269b66fe940ce717ceaf3a9253e36b2ce4aa281c10b515fb6f9fc5d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 800 per nag (plek vir 8) 22 5 1 5 54 Vasco Da Gama Road Kenton-on-Sea 6191 Oos-Kaap 021 201 8901 17:00-19:00 10:00 -33.685639171351 26.674506123344

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang