Saints View Resort Unit 14
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Des 2024 tot 17 Des 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: H/v Collinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Saints View Resort Unit 14 is 'n selfsorgwoonstel op die eerste verdieping in die hartjie van die Hibiskuskus in KwaZulu-Natal. Dis stapafstand vanaf Uvongo se gewilde strand en skilderagtige strandmeer. Meeste van die eenhede het pragtige see-uitsigte.
Saints View Resort Unit 14 het slaapplek vir tot 6 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n slaapbank vir 2 kinders onder 12 in die sitarea. Elke badkamer het 'n stort en bad.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus en die sitkamer het lugversorging wat op 'n voorafbetaalde basis werk en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer en hoofslaapkamer lei na 'n ruim balkon met ingeboude braaigeriewe.
Dié gesogte oord bied 'n 9 putjie-minigholfbaan, klimraam en sprankelende swembad. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Daar is verskeie ander doendinge in die omgewing, soos middagete by Mac Banana, verfbal, Deli & Bakery, Mac Fish, winkels, voëlkyk-dek, klimraam, speelareas vir kinders, Butterfly Dome en ponierritte. Op dieselfde pad na Port Edward sal jy die Wild Coast Sun Casino kry. Lake Eland is ook iets om te sien - die natuur is ongelooflik.
Pure Venom is op die Izotha-pad naby Shelly-strand. Die kinders sal daarvan hou om al die verskillende slange te sien en om van elkeen te leer. In Shelly Beach is daar die Must-Byt-bootritte met visvanguitstappies en diepsee-swem. Die ouers kan saans gerus 'n draai by Pistols Saloon oorkant Ramsgate maak vir aandete en dans.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbank vir 2
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Rané Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 696
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- H/v Collinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Saints View Resort Unit 14 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: H/v Collinstraat en Staffordweg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang