Salt Therapy
Kry 20% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Ramseylaan 262, Black Rock, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R900R720 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Salt Therapy is in die Suidkusdorpie Port Edward geleë. Dit bied 'n gerieflike en stylvolle vakansie-eenheid binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en besienswaardighede. Die eenheid het see-uitsigte en is volledig toegerus vir selfsorg.
Die dubbelverdieping-eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers en bied slaapplek aan 7 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer met 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n tripelstapelbed. Die eerste badkamer het 'n bad, die tweede badkamer het 'n stort, en die oorblywende badkamer het slegs 'n toilet.
Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, wasmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe en breekware en eetgerei toegerus.
Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV en bied toegang tot die balkon met 'n uitsig oor die see en tuin. Die stoep beskik oor braaigeriewe, waar gaste 'n maaltyd met 'n pragtige uitsig kan voorberei.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Tripelstapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Ramseylaan 262, Black Rock, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Port Edward Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Ramseylaan 262, Black Rock, Port Edward, 4278, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang