San Lameer Villa 14208
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R8 775 per nag (plek vir 8)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
San Lameer Villa 14208 is 'n vooraanstaande selfsorgvilla in San Lameer Estate. Geleë aan die Suidkus van KwaZulu-Natal Natal, hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan; 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg; luukse villa's en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Dié villa met lugversorging het slaapplek vir 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 en suite-slaapkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die oorblywende 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ysmasjien, eetgerei en breekware asook 'n koffiemasjien. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer en 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Op die onderste verdieping is 'n TV-sitkamer met gemaklike sitplek sowel as 'n tweede eetarea. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en DStv beskikbaar, asook 'n pooltafel en 'n tafeltennistafel is by hierdie villa ingesluit.
Hierdie leefarea maak oop op 'n ruim patio met 'n buite-eettafel, sonstoele en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl die vuur brand. Hierdie eiendom bederf ook met 'n uitnodigende swembad en buitestort vir gaste om te geniet.
Ontspan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens of bederf jouself met pragtige uitsigte. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke omgewing, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 77
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang