San Lameer Villa 2535
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 920 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 2535 is op die San Lameer Landgoed geleë. Dié landgoed op die Suidkus van KwaZulu-Natal is 'n subtropiese paradys met baie wild, fauna, flora en voëls en bied iets vir die hele gesin. Dié 200 hektaar-natuurreservaat spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 fantastiese Blouvlagstrande.
Die villa het lugversorging en bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Daar is ook 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Hierdie slaapkamer bied ook toegang tot die balkon en spog met 'n utisig oor die landgoed en gholfbaan. Die ander slaapkamers het 2 enkelbeddens, lugversorging en toegang tot 'n stoep met gemaklike stoele en 2 leunstoele. Die ander badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Daar is 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, yskassie, wasmasjien, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware in die kombuis en die eetarea het lugversorging en 'n etenstafel met 6 stoele. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV.
Die sitarea lei na die stoep wat gemaklike buitemeubels, 'n tafeltjie, losstaande braai en 'n etenstafel met sitplek vir 6 het. Van hier kan gaste 'n uitsig oor die landgoed geniet. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike braai-area op die landgoed.
Die villa het 'n watertenk en 'n omsetter vir die TV, WiFi en ligte.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Witborde
- Internet
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 76
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang