Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 2704

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer Estate, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 675 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

San Lameer Villa 2704 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla in San Lameer Estate. Geleë aan die Suidkus van KwaZulu-Natal Natal, hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan; 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg; luukse villa's, en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.

Dié villa met lugversorging het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel die derde badkamer met 'n stort-oor-bad. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. 'n Tweede yskas is ook beskikbaar. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.

Die leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die uitsigte oor die lowerryke omgewing bewonder. 'n Ekstra Weber-braai is ook beskikbaar. Toegang tot veilige parkeerplek is beskikbaar. Asook 'n watertenk

Ontspan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens of bederf jouself met pragtige uitsigte. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke omgewings, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 77

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • R61 San Lameer Estate, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 675
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 3 675
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer Estate, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA672bc5cd7b52f8d54f26b8be1bfe3adb17b8e6fc77602c4035a23505b840b518d1134df89d60ec2c153f429b996f243d45c6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 675 per nag (plek vir 8) R61 San Lameer Estate Lower South Coast 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.945189 30.297565

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang