San Lameer Villa 2818
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
San Lameer Villa 2818 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla in San Lameer-landgoed aan die Suidkus van KwaZulu-Natel, die subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls. Daar is iets vir die hele gesin. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villa's en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die villa bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het lugversorging en 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met 5 stoele. Die sitarea het gemaklike banke, 'n koffietafel en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n omsetter vir die kragproppe en ligte.
Die skuifdeure bied toegang tot 'n stoep met 'n etenstafel vir 8 gaste, 'n ingeboude braai en 'n uitsig oor die lowerryke San Lameer-landgoed. Gratis, veilige parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontspan of hulself met die pragtige uitsigte bederf. San Lameer bied ook 'n lowerryke omgewing, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 77
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 2818 het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang