San Lameer Villa 2837
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 920 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 2837 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla in San Lameer Estate. Geleë aan die Suidkus van KwaZulu-Natal Natal, hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan; 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg; luukse villa's en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Dié villa met lugversorging het slaapplek vir 6 volwasse gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 'n stapelbed het. Die tweede badkamer word gedeel tussen die tweede en derde slaapkamers en het 'n stort en 'n bad. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien en droër kombinasie is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Langs hierdie sitkamer is 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet.
Hierdie leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n gasbraai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie. Hierdie villa het 'n omskakelaar wat die ligte en die proppe laat loop.
Ontspan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens of bederf jouself met pragtige uitsigte. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke omgewings, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 76
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang