Sandals Guest House
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Chartwell-rylaan 39, Umhlanga Rocks, 4239, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sandals Guest House bied gerieflike oornagverblyf in smaakvol versierde gastekamers. Dit is ideaal geleë 'n entjie vanaf die strand en die lewendige Umhlanga Rocks wat volop is van topklas restaurante, kroeë en koffiewinkels.
Dié gastehuis bied 'n keuse van 9 kamers wat elk 2 gaste op 'n slag kan akkommodeer. Elke kamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met óf 'n stort óf 'n bad en 'n stort. Egiptiese katoenlinne, badhanddoeke en seep word voorsien.
Boonop het hierdie kamers 'n strykyster, 'n kluis vir waardevolle items, 'n haardroër asook 'n koffiestasie met 'n yskassie. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale beskikbaar.
'n Paar van die kamers maak oop op 'n privaat patio wat 'n ideale plek is vir 'n oggendkoffie voor die dag begin. Alle gaste het volle toegang tot 'n gemeenskaplike buite-area met 'n sprankelende swembad en sonstoele waar gaste volle ontspanning kan geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Chartwell-rylaan 39, Umhlanga Rocks, 4239, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Umhlanga Durban Noord Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 18 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Chartwell-rylaan 39, Umhlanga Rocks, 4239, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang