Sandforest Cottages
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: False Bay-weg 1, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
- Vanaf R960 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sandforest Cottages bied selfsorgverblyf in 'n wildreservaat wat 11 km buite Hluhluwe, KwaZulu-Natal geleë is.
Hierdie eiendom bied gaste 'n keuse van óf 2-slaap-eenhede óf 4-slaap-eenhede. Die eenhede het slaapplek vir 2 en beskik oor 'n aparte slaapkamer wat met 'n dubbelbed ingerig is. Dié eenheid het 'n kombuis wat toegerus is met verhit-en-eetgeriewe soos 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Die eenhede het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 aparte slaapkamers. Die 1 slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die ander slaapkamer 2 enkelbeddens het. Verder is daar 'n leefarea met 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, 'n yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe.
'n Stort, wasbak en toilet is in albei eenhede se badkamers beskikbaar. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring. Albei eenhede maak oop op 'n onderdakstoep met braaigeriewe.
Gaste kan deur die sandwoud kronkel, saam met die Nyala Rooibok, Steenbok en Duiker stap, die vele variëteite voëls in die bome en die mangooses wat deur die woud hardloop waarneem of 'n rukkie sit en die eteriese atmosfeer ervaar. Die iMfolozi Wildreservaat bied die Groot 5 vir besigtiging.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- False Bay-weg 1, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Hluhluwe Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: False Bay-weg 1, Hluhluwe, 3960, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang