Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sandy Footprints

Winteraanbod 25% af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Geldig vir verblyf vanaf 1 Mei 2025 tot 31 Jul 2025.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Golden Mile-boulevard 177, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R575 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sandy Footprints, 'n bekoorlike woonstel met 'n privaat ingang op 'n residensiële perseel waar die eienaars woon in St. Helenabaai, net oorkant die pad van die pragtige Gouemylstrand. Dit is slegs 'n paar treë vanaf 'n strandpaadjie.

Die oopplan-eenheid bied slaapplek aan 2 gaste. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Daar is ook 'n klein tafeltjie en 2 stoele vir gaste wat wil bordspeletjies speel.

Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolf, stoof, ketel, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Kookgeriewe, ligte en WiFi vir tot en met vlak 6-beurtkrag word voorsien.

Ander geriewe sluit 'n slim-TV, Netflix, WiFi, 'n braai-area met 'n klein draagbare braai en 'n klein Weber-braai en 'n stoep in om na die strelende seegolwe te luister en na die sterbelaaide naghemel of pragtige sonsondergang te kyk.

Parkeerplek is voor die eenhied op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Juan-pierre P
Saam met lewensmaat
5.0
Puik dienste van dag 1 af. Dienste was puik gewees. Plek was skoon gewees en ons het sommer welkom gevoel. Huis is loopafstand na die naaste strand to...
Sien meer
Nov 2024
Matthys S
Saam met lewensmaat
5.0
Very good. Good, very nice stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Martin V
Saam met lewensmaat
5.0
Pleasant. Very pleasant stay, very friendly and helpful hosts. The host assisted us with safe storage of our bicycles and bike rack. Aw...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Elrich O
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en ons het baie gemoedsrus ontvang. Ons het 'n baie rustige tydjie beleef, dit was inderdaad lekker ja.
Apr 2024
Morton A
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en veilig. Bietjie klein, maar alles wat jy nodig het. Rustig en veilig en naby die see.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Debbie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Golden Mile-boulevard 177, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sandy Footprints het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 575
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 575
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Golden Mile-boulevard 177, St. Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1f0faeb58ced9467125c299e16461053bda1fae819a9dc9ee67c46b55ace7f7cb2d15e7affd5b38ce4c7e801230700587095?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R575 per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 Golden Mile Boulevard St Helena Bay 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 11:00 -32.716435392689 17.961471805032

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang