Sanjika Escapes Boshuis
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Houtbosch-plaas, Langs Boshoffstraat, Blanco, George, 6530, Wes-Kaap
- Vanaf R3 450 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Sanjika Escapes Boshuis bied rustige en ruim selfsorg-plaasverblyf aan die voet van die Outeniekwaberge. Hoewel dit net 8,3 km vanaf George Lughawe is, voel dit steeds afgeleë en gaste word hier deur voëlgesang, die rivierstroompie se gekabbel en vars lug omring.
Die huis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet, wasbak en 'n binne- en 'n buitestort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, kookplaat, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met 4 stoele en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel en lei na 'n toegeboude stoep wat al langs die een kant van die huis strek, met 'n etenstafel met bankies, 2 sitareas en 'n ingeboude braai. Buite is daar 'n boma-vuurput met sitplek en 'n pizza-oond, asook 'n houtvuurwarmbad.
Die eenheid is onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en gebruik sonkrag, gas en boorgatwater.
Daar is 'n paar wandelpaadjies op die plaas vir gaste om te verken. Die gewildste roete strek al langs die Modderrivier, deur die inheemse woud en eindig by die waterval en varswaterpoel.
'n Voertuig met 'n hoër grondvryhoogte word aanbeveel. 'n 4x4-voertuig is nie nodig nie, maar daar is hobbelrige en soms modderige plaaspaaie en 'n laagwaterbrug wat oorgesteek moet word.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elsa Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 5
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Houtbosch-plaas, Langs Boshoffstraat, Blanco, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Sanjika Escapes Boshuis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Houtbosch-plaas, Langs Boshoffstraat, Blanco, George, 6530, Wes-Kaap