SANParks Leokwe Rest Camp
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
- Vanaf R1 762 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Leokwe Rest Camp is in die noorde van Suid-Afrika, naby Botswana en Zimbabwe geleë. Dié park bied ryk plantegroei, wild en geskiedenis. Dele van die park spog met oorblyfsels van antieke beskawings en artefakte. Mapungubwe is in 2004 as 'n Nasionale Park, en in 2003 tot 'n Wêrelderfenisgebied deur UNESCO, verklaar.
Leokwe Rest Camp, die hoofkamp, is in die oostelike gedeelte van die park, 11 km vanaf die hoofhek, tussen die skouspelagtige sandsteenheuwels, bosveld en kremetartbome.
Daar is gesinskothuise met slaapplek vir 2 gaste of kothuise met slaapplek vir 4 gaste. Die kothuise het lugversorging, asook 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke kombuis het 'n yskas, mikrogolf en kookplaat. Breekware en eetgerei word voorsien.
Die Leokwe-kamp is nie omhein nie en is daarom selfs nader aan die natuur en wild. Gaste kan die swembad en sondek geniet. Daar is ook 'n sentrale braai-area.
Gaste kan die Treetop Hide, Limpopo- en Shashe-riviere, Confluence Lookout Point, en 'n piekniekplek besoek. Mapungubwe se restaurant bied 'n omvattende spyskaart, en gaste moet hul etes vooruit bespreek. Ander geriewe op Mapungubwe sluit 'n dagbesoekersentrum, Maloutswa Bird Hide, en 'n ouditorium met plek vir 50 afgevaardiges in.
Die Mapungubwe Interpretasiesentrum het in 2009 die Wêreldgebou van die Jaar by die Wêreldargitektuurtoekennings gewen en bied ‘n museum met verskeie antieke items wat deur argeoloë in die park opgegrawe is. Inligting oor die park se geskiedenis en biologie is ook in die sentrum beskikbaar en daar is opgeleide gidse wat besoekers deur die sentrum neem.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1535
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
- Gaste dink SANParks Leokwe Rest Camp het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo