Sapphire
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vasco Da Gama 10, Britannica Heights, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
- Vanaf R4 200 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
Sapphire is 'n pragtige huis op 'n kleinhoewe met 'n asemrowende uitsig oor die see en St. Helenabaai aan die voorkant en oor skilderagtige landerye en Paternoster in die verte aan die agterkant. Die huis bied ruim en gerieflike selfsorgverblyf wat ideaal vir familie en vriende is wat op soek is na 'n vakansiewegbreek.
Die huis bied slaapplek aan 10 volwassenes en 1 baba en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens. 'n Bababedjie is ook in die hoofslaapkamer beskikbaar. Elke badkamer het 'n toilet, wasbak, bad en 'n stort, of slegs 'n stort.
Die oopplankombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, gasstoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leef- en kuierarea sluit 'n etenstafel, kroeg, ingeboude braai, gemaklike rusbanke, 'n pooltafel en veerpyltjies in.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n houtvuurwarmbad. Die huis het ook 'n gimnasium, gratis WiFi, 3 veilige motorhuise en baie parkeerplek vir voertuie, bote en sleepwaens.
Bootvisvang-uitstappies en diepsee-bootritte is ook op 'n boot van 25,5 voet met ruimte vir 7 gaste beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbedjie
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
En suite
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Internet koppeling
- Diens op aanvraag
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Kaggel
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Kroegyskas
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Vasco Da Gama 10, Britannica Heights, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Vasco Da Gama 10, Britannica Heights, St. Helenabaai, 7282, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang