Goeie dag,
Baie dankie vir u terugvoering.
Ek vra groot omverskoning vir die werf honde se blaf, die eienaar is Vrydagmiddag (14 Maart) in die hospital opgeneem en was die honde onrustig. Daar was wel mense in die hoofhuis en ons was nie bewus van die honde se geblaf nie. Ongelukkig kan ek niks aan die gaste langsaan se hond se geblaf doen, as ek nie bewus is daarvan nie.
Ek is jammer u het nie gerieflik geslaap nie. Ons cottages het wel standaard beddens in, en op die fotos is dit duidelik dat u cottage 'n yster bed in het met 'n voetstuk. Ons het wel 'n cottage (Suzi Q) met 'n basis bed, sonder 'n voetstuk.
Dankie dat u ons laat weet ivm die matrasse op die enkelbedjies – ons sal dadelik werk maak daarvan. Ongelukkig is die trap na die loft redelik steil en is die enkelbeddens bo eintlik vir kinders (tieners/jong volwassenes) bedoel. Omdat dit ou geboue is, is daar ongelukkig geen ander plek om die trap te sit om die maksimum spasie onder te benut nie.
Ek is jammer u het 'n negatiewe ondervinding ervaar en sou dit graag wou regstel gedurende u tyd hier op Schaftplaas deur vir 'n ander cottage beskikbaar te stel.
Groete,
Alida Kruger