Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea Cottage

Blits-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf voor 5 Februarie 2025. Bespreekbaar tot 18 Des 2024

Tyd oor om te bespreek
13
Dae
1
Ure
42
Min
36
Sek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lutiekatzstraat 153, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sea Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde ateljeewoonstel in die bekoorlike vissersdorpie Yzerfontein aan die Weskus. Dit het 'n ideale ligging en is net 'n paar treë vanaf 'n pragtige, wit sandstrand.

Die selfsorgverblyf is net 'n minuut van die strand af en spog met sonkrag.

Die privaat ateljeewoonstel is op 'n woonerf onder die hoofhuis waar die eienaars woon geleë.

Die ateljeewoonstel het 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed met katoenlinne en 'n donsveer-duvet. Badhanddoeke word voorsien. Die badkamer het 'n bad, 'n aparte stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, ketel en 'n broodrooster toegerus. Daar is ook 'n slim-TV met DStv.

Gaste kan kyk hoe die son aan die Weskus ondergaan en die pragtige uitsig oor die rustige omgewing vanaf die ateljeewoonstel se dek geniet en 'n vars vis of mossels braai. Gaste kan selfs walvisse en dolfyne in die branders sien baljaar. Sea Cottage is die ideale wegbreekplek, net 97 km vanaf Kaapstad.

Hierdie eiendom het sonkrag en gaste sal dus nie deur beurtkrag geaffekteer word nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 52 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Gerrie L
Saam met lewensmaat
5.0
10/10. The views from Sea Cottage of the ocean and sunsets are spectacular. Jenni is so friendly, helpful and informative. The flatlet ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Hendrik C
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsig, gerieflike akkommodasie, 'n moet vir elke toeris. Baie lekker gekuier. Skoon en baie netjies. Vriendelike gasheer.
Okt 2024
Monique N
Saam met lewensmaat
5.0
Great break away. We had a lovely 2-day break. Jenni was lovely and very good communication. The view and serenity are just what we wer...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Daleen P
Saam met lewensmaat
5.0
The view is awesome. Beautiful decor and view.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Corrie K
Saam met lewensmaat
5.0
Blessed. Dit was lekker om daar te kon bly. Baie dankie!
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Jenni Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 52

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Lutiekatzstraat 153, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
R 1 000 R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
R 1 000 R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lutiekatzstraat 153, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfad9847ae4af9c00b22502e4dd53f58c3b85540e33cd53ec928c47e681124fc049095cd6e61cfb4c1664171d641c27f6fb61?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R700 per nag (plek vir 2) 52 5 1 5 153 Lutiekatz Street Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.363734600824 18.161080519854

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang