Sea Pearl Self-Catering
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bella Vanti-laan 56, Britannica Heights, St Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
- Vanaf R650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Sea Pearl Self-Catering bied verblyf op die onderste vlak van die gasheer se woning. Gaste het hul eie privaat ingang met panoramiese see-uitsigte en berguitsigte agter Gaste kan die sandstrande met rotspoele en vele ander toeristeverwante doendinge geniet.
Dié oopplan-vakansiehuis met strandtema het slaapplek vir 2 volwassenes en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 1 koningingrootte-bed. Daar is 'n kas met ekstra komberse en kussings. Linne en handdoeke word voorsien, maar bring asseblief jou eie strandhanddoeke. Daar is ook 'n slim-TV en gratis WiFi. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Alle toiletware is ingesluit, en daar is ook 'n waaier, klereperd en haardroër.
Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, lugbraaier, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n filterkoffiemasjien en 'n koffiesuier.
Dit het ook al die nodige braaitoerusting met braairooster. Daar is 'n etenstafel met stoele en die sitarea is ingerig met 'n rusbank en koffietafel. Die skuifdeure lei na 'n onderdakstoep net om die draai, waar gaste om die vuurput kan sit. Daar is 'n paadjie wat na 'n lieflike tuin en 'n swaai lei. Gaste kan agter 'n outomatiese hek parkeer en daar is toesigkameras op die perseel
Sea Pearl Self-Catering is gerieflik geleë naby plaaslike kruidenierswinkels en 'n verskeidenheid restaurante waaruit gaste kan kies. Gaste kan ook ander gewilde vakansiebestemmings langs die Weskus soos Paternoster, Langebaan en Velddrif verken. Die Weskus Nasionale Park is ook 'n entjie se ry weg.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Stoof
Ekstras
- Mandjie met peuselhappies
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Karen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 42
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Bella Vanti-laan 56, Britannica Heights, St Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea Pearl Self-Catering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in St. Helenabaai Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bella Vanti-laan 56, Britannica Heights, St Helenabaai, 7382, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang