Sea View Charming Stone House
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hillstraat 87, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Sea View Charming Stone House is 'n bekoorlike selfsorghuis in Mosselbaai. Sea View Charming House is 'n gerestoureerde historiese steenhuis wat in die 1800's gebou is.
Dié huis bied slaapplek vir 4 gaste en bestaan uit 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis op die grondvloer en 'n sitarea op die boonste verdieping wat na 'n balkon met pragtige see-uitsigte lei. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n plafonwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Twee dagbeddens wat die grootte van 'n enkelbed is is beskikbaar in die sitarea en daar is 'n ekstra enkelmatras onder die bed.
Die kombuis op die onderste verdieping is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof en oond, 'n mikrogolf en 'n wasmasjien. Die boonste sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv, 'n kaggel en 'n lessenaar-area. Die balkon het buitemeubels waar jy kan ontspan en die uitsig geniet. 'n Hangmat is ook beskikbaar.
Die huis het ook 'n voortuin, Weber-braaigeriewe, WiFi en ommuurde parkeerplek vir 2 karre in die oprit. Die huis het 'n sekuriteitshek by die agterdeur en diefwering op die vensters. Daar is ook 'n self-inklok-opsie beskikbaar.
Die eenheid is troeteldiervriendelik en daar is 'n tuin met gras. Gaste moet net hul honde se beddegoed saambring.
Sea View Charming Stone House is sowat 10 minute se stap vanaf die strand, museums, kroeë en restaurante, en net 30 minute vanaf George Lughawe.
Doendinge in die omtrek sluit haaihokduik, gholf, voetslaan en swem in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Wildritte
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Kantoorgeriewe
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Louis Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 17
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Hillstraat 87, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Sea View Charming Stone House het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Beacon Point Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hillstraat 87, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang