Knysna Seahorse Paradise
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Trotterstraat 40, Eenheid 2, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Vanaf R900 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Knysna Seahorse Paradise is 'n gerieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Knysna en dis ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat die pragtige Tuinroete wil verken.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. 'n Wasmasjien is beskikbaar. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Die skuifdeur lei na 'n balkon met sitplek en dis die ideale plek vir gaste om hul oggendkoffie te geniet. Daar is ook 'n tuintafel en braaigeriewe buite waarvan gaste gebruik kan maak. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in die kompleks.
Die kompleks is stapafstand vanaf die waterfront, Knysna Mall, Featherbed Boat Cruises en die Pledge-natuurreservaat. Gaste kan ook ry om die Knysnawoud, Knysnakoppe en Knysna Nasionale Meer te verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4/5
Simphiwe Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Trotterstraat 40, Eenheid 2, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Gaste dink Knysna Seahorse Paradise het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Trotterstraat 40, Eenheid 2, Knysna, 6571, Wes-Kaap