Seaview Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Francis Place 7, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 199 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Seaview Cottage bied selfsorgverblyf in Athlone Park, Amanzimtoti en spog met 'n mooi uitsig oor die see van die privaat houtdek en leefarea af.
Die kothuis het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n aparte slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n plafonwaaier en die badkamer het 'n stort, hoekbad, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die hoofleefarea is oopplan en het 'n sitarea met lugversorging en 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien vir gaste se gerief. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Die eenheid het lugversorging en gratis WiFi is beskikbaar.
Stapeldeure lei na 'n houtdek met 'n tafel, stoele en 'n ingeboude braai wat dit die ideale plek maak om jou oggendkoffie of 'n skemerkelkie te geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Craig Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Francis Place 7, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Seaview Cottage het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Francis Place 7, Amanzimtoti, 4126, KwaZulu-Natal