Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sedgies Self-catering Apartments

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisantstraat 20, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sedgies Self-catering Apartments bied gerieflike verblyf in Sedgefield.

Die verblyf bestaan uit 2 selfsorg-duplekswoonstelle wat op die perseel van die hoofhuis is.

Die eerste woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 'n en suite-badkamer, nog 'n badkamer, 'n gastetoilet, kombuis en 'n sitarea. Die eerste slaapkamer is op die eerste verdieping en het 'n dubbelbed met ingeboude kaste en spieëltafel. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer. Daar is nog 'n badkamer met 'n groot bad en stort. Strykgeriewe en ’n klerereling is beskikbaar. Die oopplan-kombuis is op die grondverdieping en is met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word en die sitarea het ’n TV met OpenView. Die gastetoilet is op die grondverdieping.

Die tweede woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, 'n kombuis en 'n sitarea. Die eerste slaapkamer is op die eerste verdieping en het ’n dubbelbed en ’n TV met OpenView. Die tweede slaapkamer het ’n dubbelbed en die kamers deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n stort, bad en toilet het. Daar is ’n gastetoilet op die grondverdieping. Strykgeriewe en ’n klerereling is beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke bring. Die oopplan-kombuis is op die grondverdieping en is met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word en die sitarea het ’n TV met OpenView.

Braaigeriewe is beskikbaar.

Sedgies Self-catering Apartments is 2 km vanaf die strandmeer se mond en Myloi-strand. Sedgefield bied ook verskeie aktiwiteite soos swem, valskermsweef en verskeie voetslaan- en staproetes. Gaste kan die Wildernis Nasionale Park of die Goukamma Natuurreservaat besoek vir voëlkyk, visvang en om by die Grondvlei-meer te ontspan.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Revona Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Fisantstraat 20, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sedgies Self-catering Apartments het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fisantstraat 20, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA59bb8ccfe8fa6a59699084c612865ff4428e0cb312eddc89e242345c547b9c17969e473e82022e327e7ff7fc3fe59da4fcaf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 20 Fisant Street Sedgefield 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.019393882617 22.806705827969

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang