See-the-Sea Overnight Room
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach E Boulevard, Trio Towers, Diasstrand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
See-the-Sea Overnight Room is in 'n veilige woonstelgebou, Trio Towers, in Diaz-strand, Mosselbaai geleë. Perfek vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike kamer wat stapafstand van die strand af is.
Die gastekamer is in die eienaar se woonstel geleë, maar het sy eie balkon en privaat badkamer. Die kamer beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Ander geriewe sluit 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe met tuisgemaakte beskuit in. 'n Skoonmaakdiens word gratis verskaf indien dit vooraf gereël word.
Vanaf die balkon, met buitemeubels en 'n strandsambreel, word gaste pragtige uitsigte oor die see en berge gebied.
In die kompleks het gaste toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en braai-area met buitemeubels asook veilige parkeerplek. Kleedkamers is beskikbaar by die swembad indien dit vooraf met die gasheer gereël word.
Die woonstelgebou is net 500 m vanaf Diaz-strand en 4,3 km vanaf Hartenbos. Alhoewel maaltye nie by die huur ingesluit is nie, is daar restaurante in die omgewing waar gaste maaltye kan geniet. Ander besienswaardighede in die area sluit Diaz Museum en Pinnacle Point in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Delene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 36
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Beach E Boulevard, Trio Towers, Diasstrand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
- Gaste dink See-the-Sea Overnight Room het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Voorbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach E Boulevard, Trio Towers, Diasstrand, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang