Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seevoetjies

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Georgepad, De Bakke Terrace 33, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Seevoetjies is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel met 'n pragtige see-uitsig in die veilige De Bakke Terrace-kompleks in Mosselbaai. Dit is ook gerieflik naby De Bakke se blouvlagstrand, talle winkels en restaurante.

Dié woonstel het slaapplek vir 6
gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 'n badkamer en 'n gastetoilet. Die eerste 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed. Die badkamer het 'n bad, stort en wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV met Netflix en die volle DStv-pakket. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Die sitarea se skuifdeure lei na 'n beskutte stoep met 'n etenstafel en 'n gasbraai. Die stoep het ook skuifdeure wat gaste kan oopmaak om die seelug in te laat. Veilige parkeerplek is in 'n toesluitmotorhuis in die kompleks beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Bad

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Georgepad, De Bakke Terrace 33, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Georgepad, De Bakke Terrace 33, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA95a27f566e864e1bb7bf379d57125e1da70340bad613d0b81afb4caa38900ec7a45b95d04cf849777bbe45e1127847e3cfff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6) George Road De Bakke Terrace 33 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.173919721015 22.128750085831

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang