Shabby Chic Beach House
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Shabby Chic Beach House bied 2 selfsorg-eenhede op 1 erf in Dwarskersbos en is net 100 m se stap van die strand af.
Die dubbelverdiepinghuis bied gaste 'n keuse om die Shabby-eenheid met slaapplek vir 4 of die Chic-eenheid met slaapplek vir 6 saam of afsonderlik te bespreek, en die eenhede word deur 'n gang en 'n deur op die boonste verdieping verbind.
Die Shabby-eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 'n solderkamer wat die gebruik van 2 badkamers deel. Die Chic-eenheid beskik oor 3 slaapkamers, 2 op die boonste verdieping, en die kamers deel die gebruik van 2 badkamers, waarvan 1 ook op die boonste verdieping geleë is.
Elkeen van die eenhede het 'n oopplan-kombuis en 'n braai-area wat op die grondvloer geleë is. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n stoof, 'n wasmasjien, 'n skottelgoedwasser en 'n yskas. Elke eenheid het ook 'n sitkamer met 'n TV en DStv. Gaste word gratis WiFi gebied en dit bly ook aan tydens kragonderbrekings.
Die huis het 'n gemeenskaplike dek met braaigeriewe, en elke eenheid het aparte toegang tot die dek. Gaste moet asseblief hul eie braaihout saambring. 'n Buitelug-warm-en-koue-water-stort is ook beskikbaar vir gebruik. Parkeerplek is beskikbaar in die toesluitmotorhuis vir 1 voertuig per eenheid, en die huis het 'n alarmstelsel. Daar is meer parkeerplek langs die huis.
Gaste kan op die lang strand gaan stap en daar is verskeie restaurante en doendinge in die area soos bootritte, die Rocherpan-natuurreservaat en visvang. Vra gerus die eienaars vir voorstelle vir aktiwiteite.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Elle Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 39
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
- Gaste dink Shabby Chic Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dwarskersbos Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 12:00 - Adres: Botterblomstraat, Dwarskersbos, 7365, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang