Shamwari Lobengula
- Kapasiteit: 12 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Shamwari Privaat Wildreservaat, Paterson, 6130, Oos-Kaap
- Vanaf R22 530 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Shamwari Lobengula bied verblyf wat alles insluit en is in die Shamwari Privaat Wildreservaat in die Oos-Kaap. Dié reservaat is die tuiste van Afrika se Groot 5 en is malaria-vry.
Verblyf by Shamwari Lobengula bestaan uit 6 grasdak-suites. Elke ruim suite het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad en 'n privaat buitestort. Daar is ook lugversorging, 'n elektroniese kluis, internasionale kragprop-passtukke, 'n yskassie met voorraad, tee- en koffiemaakgeriewe en ander luukshede. Elke suite het spog ook met 'n stoep en 'n privaat plonspoel.
Ontbyt en ander heerlike fynproewersmaaltye word ingesluit en word in die hoofeetarea bedien. Dié area het ook 'n kroeg met genoegsame voorraad. Die hoofarea van die lodge het WiFi, 'n fiksheidsentrum, 'n gesondheidsentrum wat masserings en skoonheidsbehandelinge bied, 'n boetiek-geskenkewinkel, 'n gesellige sitarea met 'n kaggel en 'n TV, 'n swembad en 'n boma met 'n vuurput.
Verblyf sluit ook 2 wildritte met 'n kundige gids in en gaste sal híer insiggewende inligting oor die fauna en flora ontvang.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Shamwari Privaat Wildreservaat, Paterson, 6130, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Greater Addo Oos-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Shamwari Privaat Wildreservaat, Paterson, 6130, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang