Eden View Boutique Hotel and Shangri-La Manor Venue
Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 12 Des 2024 tot 31 Jan 2025.
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Platrugpad 101, Hoekwil, George, 6538, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 254R2 766 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Eden View Boutique Hotel and Shangri-La Manor Venue word deur gaste as die juweel van die Tuinroete beskryf. Dié gastelodge is 4 ure se ry van Kaapstad af en is die ideale wegbreekplek vir 'n rustige naweek of welverdiende weeksdagwegbreek op die Tuinroete.
Gaste kan 'n rustige en pragtige omgewing hier geniet. Die verblyf bestaan uit 8 luukse suites wat elk pragtig gemeubileer is met 'n koningingrootte-bed en 'n privaat sitkamer het. Elke suite het 'n en suite-badkamer met 'n groot hoekbad en 'n instapstort. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, 'n platskerm-TV, satelietkanale, 'n DVD-/CD-speler, yskassie en gratis koffie- en teemaakgeriewe met 'n Nespresso-koffiemasjien in. Gratis WiFi word ook voorsien. Die suites op die eerste verdieping het 'n groot privaat balkon, terwyl die suites op die onderste verdieping na 'n privaat houtdek wat oor die natuurreservaat, vallei en woud kyk lei.
Eden View Boutique Hotel and Shangri-La Manor Venue is in 'n stil en rustige omgewing en bied lieflike uitsigte oor 'n woudagtige vallei en rivier. Gaste kan verversings op die houtdek saam met die sonsondergang geniet of in die buiteswembad op 'n warm dag afkoel. Ontspan in die hoofsitkamer en geniet ons filmteater met sy kringklankstelsel. Vir gaste wat graag aktief wil bly het ons 'n gimnasium met gratis toegang.
'n Volledige kontinentale ontbyt is ingesluit en daar is ook 'n kluis vir kosbare items in elke suite. Ander geriewe sluit veilige parkeerplek op die perseel in.
Ons maak voorsiening vir sakereisigers, avonturiers, paartjies, vriende wat saam reis of wittebroodpaartjies. Ons help jou om daardie spesiale geleentheid te vier met 'n blommeruiker of vonkelwyn op ys.
Wildernis is slegs 10 minute vanaf die Blouvlag-strande en restaurante met see-uitsigte. George is slegs 25 minute van ons af en daar is botaniese tuine, die Fancourt-gholfbaan en die Garden Route Mall. Ander nabygeleë kusdorpies soos Sedgefield, Knysna, Plettenbergbaai en Mosselbaai is almal binne 'n uur se ry van die hotel af.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Juhan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Platrugpad 101, Hoekwil, George, 6538, Wes-Kaap
- Gaste dink Eden View Boutique Hotel and Shangri-La Manor Venue het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 mense
- Geen kinders onder 15
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Platrugpad 101, Hoekwil, George, 6538, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang