Shemara
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Henry-weg, Ramsgate-strand, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
- Vanaf R850 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Shemara is in Ramsgate geleë en bied 'n gerieflike selfsorgwoonstel wat gemeubileer is. Dit bied slaapplek vir 8 gaste en is net 80 m van die strand af. Ramsgate het 'n Blouvlagstrand met 'n kiosk, toilette, haainette, lewensredders, asook pragtige staproetes. Diepseehengel, asook strand- en rotsvisvang is beskikbaar en Margate se vliegveld is 5 km ver.
Die woonstel het gedeeltelike see-uitsigte, 3 slaapkamers en 'n badkamer met bad en stort asook n aparte toilet. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien. Daar is 1 parkeerplek in ’n motorhuis. Die eenheid is geskik vir ouers en kinders, hoewel 8 volwasse gaste die maksimum is.
Die gerieflike kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n mikrogolfoond, 'n gasstoof en oond, 'n yskas, kookgerei en 'n wasmasjien en tuimeldroër. Daar is 'n potjiepot en 'n broodpan. Gaste kan in die sitkamer met 'n TV en DStv ontspan. Daar is ook 'n slim-TV met die volle DStv-pakket
in die hoofslaapkamer. Gaste kan ook Netflix kyk, maar hulle moet hulle eie aanmeldbesonderhde gebruik. Daar is ook braaiplek.
Die eenheid word deur sonkrag aangedryf en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.
Shemara is stapafstand van verskeie restaurante en kroeë af. Daar is besienswaardighede soos gholfbane, winkelsentrums, wandelroetes, Butterfly Valley of Bellevue Park in die area. 'n Pendeldiens is in en om Margate beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Dawie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 37
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Henry-weg, Ramsgate-strand, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Shemara het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Ramsgate Beach Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Henry-weg, Ramsgate-strand, Margate, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang