Hazyview Bogarts Valley
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R40, 42 Robusta-rylaan, Shiloh Coffee and Lifestyle Estate, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R4 995 per nag, vir 7 mense
Beskrywing
Hazyview Bogarts Valley is in 'n sekuriteitskompleks net 10 km van Hazyview af. Dié meer as 400 ha grootte landgoed spog met 'n verskeidenheid wild en is ‘n kwartier se ry van die Krugerwildtuin af.
Verblyf is beskikbaar in 'n dubbelverdiepinghuis met ’n panoramiese uitsig, ’n unieke swembad op die dek en is geskik vir 7 gaste. Daar is 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en ’n en suite-badkamer met ’n stort en bad. Die vierde slaapkamer het 'n driekwartbed. Die tweede badkamer word gedeel en het 'n stort. 'n Gastetoilet is op die dek naby die swembad geleë.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf en 'n toonbank met stoele toegerus. Die leefarea het 'n TV, sitkamerstel en 'n etenstafel met plek vir 7 en lei na die dek. Die huis het 'n swembad op die dek met 'n unieke uitsig oor die asemrowende omgewing, Ingeboude braai en veilige parkeerplek. Daar is ’n lapa met ’n bosbraai.
’n Kontinentale ontbyt of ligte kospakkies is beskikbaar teen teen ’n ekstra koste. ’n Bosveld-braai kan ook voorberei en bedien word. Safari’s kan gereël word en al die inligting is by ontvangs beskikbaar.
Gaste kan uitkyk vir sebras, kameelperde, bokspesies, blouwildebeeste en ander diere op die perseel. Doendinge in die area is riviervlotvaart, perdry, vierwielmotorfietsry, Zipline en gholfspeel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Pieter Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 4
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- R40, 42 Robusta-rylaan, Shiloh Coffee and Lifestyle Estate, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Hazyview Bogarts Valley het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R40, 42 Robusta-rylaan, Shiloh Coffee and Lifestyle Estate, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang