Sibani @ Dolphin Coast
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Patricia-weg 1B, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 590 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Sibani @ Dolphin Coast is 'n knus woonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Ballito geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n naweekwegbreek of oornagverblyf aangesien dit net 15 km vanaf King Shaka Lughawe is.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is oop na die leefarea en beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Neem asseblief kennis dat hierdie slaapkamer nie 'n deur het nie.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vanuit hierdie kombuis lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV.
Die ligging van hierdie eiendom is naby die strand en talle winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Nokulunga Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 1
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Patricia-weg 1B, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Patricia-weg 1B, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang