Sihlangu Lodge
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fish Eagle-weg 53, Mjejane Lifestyle Estate, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
- Vanaf R10 500 per nag (plek vir 10)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Sihlangu Lodge is 'n bekoorlike selfsorglodge met 'n asemrowende uitsig oor die natuurskoon in die Mjejane Wildreservaat. Die lodge spog met moderne ontwerpersmeubels en bied rustige, verkwikkende verblyf aan groot gesinne of groepe vriende.
Die lodge bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met lugversorging. Daar is 4 slaapkamers met koninggrootte-beddens en en suite-badkamers met storte en baddens en 'n vyfde slaapkamer buite met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Hierdie slaapkamer het ook 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. 'n Paar van die slaapkamers lei na die tuin waar daar ook 2 buitestorte is. WiFi word voorsien.
Die oopplan-leefarea bied gemaklike sitplek, 'n TV met DStv-kanale, 'n etenstafel en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n dubbelyskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met buitemeubels en 'n gasbraai. Daar is nog 'n balkon met 'n tweede braai-area en 'n uitsig oor die omgewing en die swembad. Gaste kan ook die klein gimnasium gebruik en in die swembad afkoel. Die lodge is met 'n sonkragstelsel vir rugsteunkragtoevoer tydens kragonderbrekings toegerus en het 'n alarmstelsel en veilige parkeerplek op die perseel.
Sihlangu Lodge bied 'n ontspannende wegbreek in die natuur buite die stadsgedruis en gee gaste die kans om wildritte of begeleide staptogte in die bos te bespreek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet met bidet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Fish Eagle-weg 53, Mjejane Lifestyle Estate, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Mjejane Game Reserve Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fish Eagle-weg 53, Mjejane Lifestyle Estate, Hectorspruit, 1330, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang