Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Skála Guest Farm

Wildsplaas
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5,8 km vanaf die R526, Erfdeel 2 en 6 van Selati Ranch, 15,9 km vanaf Gravelotte, 0895, Limpopo
  • Vanaf R7 050 per nag, vir 15 mense

Beskrywing

Skála Guest Farm is 'n versteekte juweel wat selfsorgverblyf in die privaaat wildlodge, 15,9 km vanaf Gravelotte, bied en spog met pragtige uitsigte oor die omliggende bosveld. Dis die ideale wegbreek vir diegene wat op soek is na 'n privaat gesinsvakansie.

Die hele perseel word privaat gehuur deur een groep op 'n slag. Die perseel bied slaapplek aan tot 15 gaste op 'n slag in 5 alleenstaande chalets. Elke chalet het slaapplek vir 3 gaste op 3 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die hoofgebou het 'n kombuis wat met 'n gas stoof/oond, yskas-vrieskaste, eetgerei en breekware toegerus en daar is 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n groot eetarea met sitplek en 'n ingeboude braai. Verder is daar 'n sitarea met 'n vuurput.

Buite die villa is daar 'n onderdakstoep met buitemeubels en kuierplek. Die stoep lei na 'n buitelug-boma en vuurput waarom gaste kan kuier en na die naggeluide luister. Langs die boma is daar 'n plonspoel waarin gaste kan afkoel.

'n 4x4 Voertuig is nie noodsaaklik nie, maar gaste moet met 'n voertuig ry wat 'n hoë grondvryhoogte het.

Kamer-opset

Slaapplek vir 15 mense 5 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Elzbeth B
Saam met vriende
5.0
Wonderlik - rus vir die siel. Ons het ongelooflik lekker gekuier by Skála en sal vir seker weer terug gaan.
Apr 2024
Eugene H
Saam met vriende
5.0
Plaas wegbreek. Ons het ons tyd by Skála vreeslik baie geniet. Die plaas is 'n groot bederf, regtig baie mooi. Die aande om die boma onder die sterre ...
Sien meer
Jan 2024
Riaan K
5.0
Altyd 'n lekker plek vir ons groep! Groep van 13 vir 'n jag en 'n kuier by 'n groot vuur. Nicol en sy span staan altyd reg!
Jun 2023
Roelien B
Gesin met tieners
5.0
Ongelooflik. Wat 'n wonderlike plek. Verblyf is uitstekend. Uitsig is ongelooflik. Vriendelikste staff. Sal beslis weer en weer terug wees.
Mrt 2023
Gerrie D
Saam met vriende
5.0
Verskriklike mooi lodge van ongelooflike hoë kwaliteit teen 'n baie billike prys. Baie mooi lodge. Baie prakties uitgelê en van hoë gehalte. Plaasbest...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Johan Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 8

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 5,8 km vanaf die R526, Erfdeel 2 en 6 van Selati Ranch, 15,9 km vanaf Gravelotte, 0895, Limpopo
  • Gaste dink Skála Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 7 050
per nag, vir 15 mense
Vanaf
Vanaf R 7 050
per nag, vir 15 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5,8 km vanaf die R526, Erfdeel 2 en 6 van Selati Ranch, 15,9 km vanaf Gravelotte, 0895, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA55d83e6118da98487baada538fdfb819e76fc3d3e204dfcd1a36c0905e6f4f4dde2b6f9bd949984ef22e7caae6b0257e03f2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 050 per nag, vir 15 mense 8 5 1 5 5.8 km from the R526 Portion 2 and 6 of Selati Ranch 0895 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.041112458734 30.661270029153

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang