Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SomerZicht Guesthouse

Gastehuis
Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Apr 2024 tot 30 Sep 2024.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ludwig Muhl-weg 14, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 R1 120 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

SomerZicht Guesthouse is die ideale bestemming vir oordeelkundige reisigers wat privaatheid, styl, gerief en onoortreflike gasvryheid waardeer. Ons is in 'n stil boomryke omgewing in Somerset-Wes geleë, en spog met die mooiste uitsig van die omliggende berge. Daar is 2 selfsorg-suites en 3 luukse B&B-kamers met en suite-badkamers. Ons is lekker na aan die wingerde en gholfbane.

Die ruim suites en kamers is elkeen pragtig versier en skep 'n ontspanne atmosfeer met die klem op gehalte-meubels, ekstra-lengte beddens en moderne badkamergeriewe. Elkeen het 'n privaat area buite waar die wonderlike weer en rustige aande benut kan word.

Die selfsorg-suites is ideaal vir gaste wat vir lang of kort periodes vertoef. Daar is 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed in die kamer met topgehalte-linne en 'n TV met satellietkanale (insluitend 2 Duitse kanale). Die kombuise het 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond of 'n konveksieoond en alle breekware, eetgerei en toerusting word voorsien. Die kamers word 2 keer per week skoongemaak.

Die luukse B&B-kamers met en suite-badkamers is in die hoofhuis geleë en het ekstra-lengte beddens, yskassies, koffie- en teemaakgeriewe, TV's met satellietkanale, digitale kluise, haardroërs en gratis WiFi. Die en suite-badkamers het storte, wasbakke en toilette. Die kamers word daagliks skoongemaak.

Daar is 'n groot tuin en 'n sprankelende swembad op die perseel. Veilige parkeerplek, gratis WiFi en satelliet-TV is beskikbaar.

Wêreldbekende wingerde en bekroonde restaurante, strande en die natuurskoon van die Wes-Kaap is op ons drumpel. Speel 'n potjie gholf op een van die vele beroemde gholfbane in die omgewing.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 54 resensies vir SomerZicht Guesthouse
Netheid
4.9/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Eugene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 54

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Ludwig Muhl-weg 14, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink SomerZicht Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
R1 400 R1 120
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 400
R1 400 R1 120
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ludwig Muhl-weg 14, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYzYTgxOGM2LTExOWItNGQ4Ny04ZWUxLTQwOGJmY2Y2ZjNkOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 400 nouVanaf R1 120 per nag, vir 2 mense 54 5 1 5 14 Ludwig Muhl Road Somerset West 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.059656662701 18.844679008598
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang