St Tropez Bachelor Apartment
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 4 Nov 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 64, Strand, 7140, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 650R1 155 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
St Tropez Bachelor Apartment is 'n lieflike selfsorgwoonstel wat ideaal geleë is in 'n veilige kompleks in die hartjie van Strand. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek, want dit spog nie net met pragtige see-uitsigte nie, maar dit is net oorkant die pad van die hoofswemstrand in Strand af.
Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Gehalte linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n Nespresso-masjien. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n platskerm-TV en groot vensters met pragtige see-uitsigte. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die kompleks bied 'n gemeenskaplike wasgoedgerief wat met munte werk, op die grondvloer, asook gemeenskaplike braaigeriewe. Veilige parkeerplek op die perseel word voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Chantel Geverifieer
Eiendomme 17
Resensies 117
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Kusweg 64, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 64, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang