Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Stilbaai Tulipslot

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tulipslot 5, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Stilbaai Tulipslot is 'n ruim, gemeubileerde woonstel en 104 m² groot met trappe aan die buitekant van die woonstel. Die eenheid het slaapplek vir vir 6 gaste en is in Stilbaai geleë, langsaan 'n privaat woning.

Dié eenheid beskik oor 3 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke en toiletware saambring. Die oopplan-sitkamer en -kombuis is volledig toegerus vir selfsorg. Daar is ook 'n platskerm slim-TV met volledige DStv en gratis WiFi beskikbaar.

Die leefarea bied toegang tot 'n privaat balkon met braaigeriewe. Daar is ook 'n welige tuin en parkeerplek op die perseel beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Stilbaai Tulipslot is in 'n stil en veilige area geleë naby die
Goukourivier met verskeie doendinge soos swem, visvang, kanovaart en gemotoriseerde watersport. Daar is ook diepsee-visvangbote wat op versoek gereël kan word. Rots- en branderplankvisvang is ook gewild. Verder is daar vir sportmanne in dié area 'n gholfbaan, tennisbaan, muurbalbaan, voetslaanroetes en vele meer.

Stilbaai is deel van die Tuinroete, 100 km vanaf Mosselbaai en 140 km vanaf George se lughawe. Dit het 3 Blouvlagstrande en verskeie restaurante en winkels om van te kies en keur.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Baie goed

Netheid
3.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.8
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Anilia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Tulipslot 5, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Stilbaai Tulipslot het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Tulipslot 5, Stilbaai, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAadbf7892d8a55726a473c705b38c784fc1a3b4ec5d283ef93c7e50e7de068d128e09245f0194d763b697b28d8d805abc7505?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 5 Tulip Close Stilbaai 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -34.357419660487 21.413141432224

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang