Stok & Hoed
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 106 St Georges Laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 450 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Stok & Hoed is 'n tradisionele familievakansiehuis in die ongerepte Nature’s Valley.
Hierdie dubbelverdiepinghouthuis het 3 slaapkamers met dubbelbeddens (1 met 2 addisionele enkelstapelbeddens) en ‘n vierde slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die huis bied slaapplek vir ‘n maksimum hoeveelheid van 10 mense.
Daar is 2 volledige badkamers (1 met bad, 1 met stort) en ‘n addisionele toilet. Die kombuis is toegerus met ‘n yskas, stoof/oond, mikrogolfoond, opwasbak, en die nodige breekware en messegoed.
Daar is ‘n lang familietafel in die aangrensende eetkamer en die woonkamer met sy sateliet-TV (bring jou eie dekodeerder) is ingerig met die oog op gemak en luilekker ontspanning. ‘n Skuifdeur lei na ‘n balkon op die eerste vloer met ‘n dagbed en gemakstoele. Voëls kwetter in die takke net 'n paar meter van die balkon af.
Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Buite, onder die koeltebome, wag ‘n klein boma en sit-area op jou vir smiddae en saans se kuier-om-die-vuur. Onderdakparkeerplek is beskikbaar.
Die atmosfeer is ontspanne en kaalvoet, ver van jou daaglikse sorge af. Die lang, prentjiemooi Blouvlagstrand is ook net drie minute te voet van Hoor'ie C af. Die loom strandmeer aan die anderkant van die dorpie en die inheemse woude wat Nature’s Valley omring, is salf vir die siel.
Kom beleef ons stukkie van die paradys!
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Izak Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 15
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 106 St Georges Laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Stok & Hoed het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 106 St Georges Laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap