Stone Olive Guesthouse
- Kapasiteit: 18 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Azaleastraat 27, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Stone Olive Guesthouse bied luukse akkommodasie in 'n Franse Medditereense styl. Ons en suite-kamers het privaat ingange vir jou privaatheid.
Ons is sowat 900 m van die see af. Ons het verskillende kamertipes. Ons gunsteling kamers is die ekstra-luukse kamers op die boonste vloer. Hierdie kamers het balkonne met 'n uitsig oor die see en is veral gewild onder wittebroodsduifies en herdenkingspaartjies. Die beddens is pragtig en oorgetrek met 100%-katoenlinne en sagte kleurskakerings. Ons plaas die klem op styl en luuksheid met 'n tikkie moderniteit. Koffie- en teemaakgeriewe, gebottelde water en 'n spesiale bederfie wag op jou in jou kamer.
Die tweede kamertipe is ons luukse en suite-kamers op die onderste vloer. Hierdie kamers lei na stoep en 'n vreedsame tuin.
Stone Olive Guesthouse het 'n aparte gastesitkamer op die onderste verdieping.
Ons skitterende swembad is geleë in 'n privaat binnehof met 'n netjiese tuin. Lê luilekker in 'n luukse gemakstoel by die swembad en vang 'n bietjie son.
Ons bekende Stone Olvie Ontbyt word elke oggen om 07:30 bedien. Ons het 'n Engelse ontbyt en 'n volledige koue buffet met net die beste vrugteslaai, vrugtesappe, jogurts, muffins en plaatkoekies. Tuisgemaakte konfyte, heuning en kaas is ook beskikbaar by die buffet. Ons plungerkoffie word spesiaal vermeng om te voldoen aan ons hoë standaarde.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Janine & Roelof Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 43
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Azaleastraat 27, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Stone Olive Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 18 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Azaleastraat 27, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang