Pick your preferred language

English

Afrikaans

+14
Selfsorg in Elandsvallei

Strathwold Farm - Stonehaven Cottage

3 gaste

1 slaapkamer

3 beds

1 badkamer

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 3 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 4.2 km from R36, Strathwold Farm, 12.9 km from Machadodorp, 1170, Mpumalanga Sien kaart

Beskrywing

Strathwold Farm - Stonehaven Cottage is 'n historiese selfsorgkothuis op 'n pragtige plaas tussen Watervalboven en Machadodorp in die welige provinsie Mpumalanga. Dit is ideaal vir 'n rustige wegbreek buite die stad se gedruis.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n ruim slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 'n bababedjie en enkelmatras. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die knus oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV. Gratis vuurmaakhout is beskikbaar.

Die dubbeldeur lei na 'n onderdakstoep met sitplek en 'n Weber-braai, asook 'n sonnige stoep met 'n sambreel, tafel en stoele. Hiér kan gaste die uitsig oor die omliggende plaas en op die berge bewonder.

Strathwold-plaas bied verskeie staproetes, bergfietsry, voëlkyk en wildkyk. Elande, wildebeeste, waterbokke, rooibokke, swartwitpense, blesbokke en 'n kameelperd woon op die plaas. Gaste kan ook op die 2 plaasdamme roei.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Annatjie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 18

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 4.2 km from R36, Strathwold Farm, 12.9 km from Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Gaste dink Strathwold Farm - Stonehaven Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 150
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 150
per nag (plek vir 3)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 150
per nag (plek vir 3)
Bespreek

4.2 km from R36, Strathwold Farm, 12.9 km from Machadodorp, 1170, Mpumalanga

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 3 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ab8412e79209b1310212f36eb7f2138d11ae95823966bb5308a4381e5871a8e22885799e6925319999d214dd7287652ca27?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 3) 15 5 1 5 4.2 km from R36 Strathwold Farm 1170 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.589475639915 30.249762955895
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang