Stories @ Marloth
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geelslang-weg 1784, Marlothpark, 0312, Mpumalanga
-
Vanaf
R3 700R3 330 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Stories @ Marloth is 'n selfsorghuis in Marlothpark, sowat 18 km vanaf die Krugerwildtuin. Die huis is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n wegbreek uit die stad waar hulle die gebrul van die leeus in die agtergrond kan hoor soos die son oor die Krokodilrivier sak.
Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 10 gaste en bestaan uit 'n hoofhuis en 'n woonstel wat daaraan vas is. Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers en die woonstel het 2 slaapkamers. Al drie slaapkamers in die hoofhuis het 'n koningingrootte-bed. Die woonstel se een slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook lugversorging in al die slaapkamers.
Beide die hoofhuis en die woonstel het 1 en suite-badkamer en 1 hoofbadkamer. Die badkamers het elk 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die eenhede bied ook elkeen 'n oopplan-kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale in beide eenhede. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die eenhede word deur 'n binnebraai en kroegarea verbind wat na 'n buitevermaakarea lei. Dié area het braaigeriewe, buitemeubels, 'n swembadjie en 'n vuurput.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Rihanda Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 5
Resensies 3
Op LekkeSlaap 6 maande
Ligging
- Geelslang-weg 1784, Marlothpark, 0312, Mpumalanga
- Gaste dink Stories @ Marloth het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geelslang-weg 1784, Marlothpark, 0312, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang