Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Strandlangs

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guinevere-weg 11, Sea Vista, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Vanaf R4 400 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Strandlangs is in die hartjie van St Francisbaai geleë en bied selfsorgverblyf in 'n pragtige vakansiehuis wat ideaal is vir 'n groot gesinsbyeenkoms of 'n groep vriende wat uit die stad se gewoel wil ontsnap. Die huis spog met beide elektrisiteit en waterondersteuning, so beurtkrag en waterskeiding sal nie die vakansie in toom hou nie.

Hierdie 5-slaapkamerhuis bied gerieflike slaapplek vir tot 12 gaste in totaal en sluit 4 badkamers in. Daar is 1 hoofsuite op die onderste verdieping wat ingerig is met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort en 'n bad. Daar is nog 'n groot suite op die boonste vloer wat ook ingerig is met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bidet. Nog 'n koningingrootte-bed is beskikbaar in die derde slaapkamer, terwyl die vierde slaapkamer 'n dubbelbed het. Die vyfde slaapkamer het 'n stapelbed en daar is 'n dubbelslaapbank in die mezzanine wat 'n TV insluit. 'n Stort en 'n bad is in die derde badkamer beskikbaar, en die vierde badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n stort buite om die seesand af te spoel.

Die hoofleefarea het 'n helder oopplan-ontwerp met 'n kombuis, eetarea en leefarea. Die kombuis is volledig toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Van die kombuis af lei 'n groot etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Daar is 'n sitarea met gemaklike sitplek en lei na 'n binnebraai-area met stapeldeure wat lei na 'n groot balkon met lieflike see-uitsigte. Toegang tot Netflix en gratis Wi-Fi is beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens is ingesluit.

Die ligging van hierdie huis is naby die strand, restaurante en winkels.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 5 Slaapkamers 1 Leefarea 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet met bidet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Stapelbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Peter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Guinevere-weg 11, Sea Vista, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Gaste dink Strandlangs het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 400
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 4 400
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guinevere-weg 11, Sea Vista, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAafe1b5a5849618baed9c4f7cdb911088a4648ac3258c5e924f7c8bd440ad9efb3c938546ee81ca97443514e5f586e0b34e63?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 400 per nag (plek vir 12) 4 5 1 5 11 Guinevere Road Sea Vista 6312 Oos-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -34.162645408333 24.831236908598

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang