Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Suikerbekkie

Selfsorg

Resensies

3.4/ 5

Gebaseer op 5 resensies


Netheid
3.8
Ligging
3.6
Waarde vir geld
2.8
Diens
3.6
Veiligheid
3.4
Tony K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.2
Apr 2022

Nie ons gunsteling herinnering van ons vakansie nie. Die ontvangs was onpersoonlik en dit het gebleik asof ons ten alle koste vermy word tydens ons verblyf. Ons het gevoel of ons verblyf moeite veroorsaak het. Nooit is daar navraag gewees of als in orde was nie. Daar was 'n riool reuk met ons aankoms maar dit het later weggegaan. Die reuk was die volgende dag weer daar. Ons is dankbaar ons was net daar om te slaap. Daar is nie 'n braaier beskikbaar nie en by navraag is ek meegdeel dat dit te veel moeite is om skoon te maak. Dit is nie die koste werd nie. Ons het vir twee weke getoer en by verskeie plekke gebly. Hierdie plek was die laagtepunt van al die blyplekke.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Rubert
Suikerbekkie
Dankie Tony vir jou resensie. Die advertensie vir die verblyf is duidelik dat dit 'n selfsorgeenheid, nie-rook eenheid is en daar word nie braai geriewe geadverteer nie. Ek het gemeld dat jy jou eie braai kan gebruik op die perseel. Selfsorg beteken dat die gaste word ontvang en daarna word die gaste se privaatheid gerespekteer. Daar word nie skoongemaak soos met 'n B&B of 'n Hotel nie. Selfsorg beteken die gaste moet self skoonmaak, dit is hoekom daar skoonmaak geriewe in die kamer is. Met julle aankoms het ons lekker gesels en julle was haastig om uit te pak, nogtans het ek gemeld dat ek op WhatsApp en selfoon beskikbaar is en daar is 'n klokkie by die hek en by die voordeur indien julle iets nodig het. Met julle verblyf het ons fase 4 "loadshedding" gehad so die elektrisiteit het elke 6 ure afgegaan vir 2 en 'n halwe uur. Ek kan die frustrasie verstaan, maar ongelukkig buite ons hande. Daar is nie-rook tekens in die woonstel, nogtans was dit verontagsaam. Die riool reuk het van bo in die straat gekom en dit was gerapporteer aan die Stad Kaapstad. Dit hang net af watter rigting die wind gewaai het. Dit is reggestel aangesien ons dit nie weer geruik het nie. Tony julle verblyf was net vir 2 nagte en julle was die meeste van die tyd uit gewees en laat in die aand terug gekom so ons het julle privaatheid gerespekteer. Vriendelike groete Rubert, Suikerbekkie

Susan V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
1.4
Des 2021

Daar is sekere dinge wat kan verbeter. Ek voel die TV bestaan nie, die kanale beskikbaar is pateties. Die eienaar kan maar regtig 'n braai daar los, en die tuin kort regtig aandag. Verder is die plek goed ingerig en lekker sentraal.

Netheid
1.0
Diens
3.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Hilda P
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2020

We were very kindly received. Ruben was very helpful. Accommodation was very neat and located in a safe environment. We will definitely stay at Suikerbekkie again. We appreciate your kindness and we have enjoyed our stay at Suikerbekkie very much.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Clara E D
1 nag
4.6
Nov 2018

Net wat ek nodig gehad het. Die netheid, stilte, en ligging was nommerpas. Die gasheer kon nie meer tegemoetkomend wees nie. Hulpvaardigheid was wonderlik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Rubert
Suikerbekkie
Dankie vir die pragtige resensie Clara. Dit was 'n plesier om u gasheer te wees. Ons sien daarna uit om weer diens aan u te lewer. Vriendelike Groete Suikerbekkie Rubert

Jaco V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Aug 2018

Bevredigend. Als was netjies en skoon en baie vriendelik ontvang. Voel net bietjie onveilig sonder diefwering.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Rubert
Suikerbekkie
Dankie vir die resensie en gradering dit word hoog op prys gestel. Die sekuriteit is goed aangesien die area net een ingang en een uitgang het wat deur gesofistikeerde dag en nag kameras gemonitor word. Die gronde word deur 'n gewapende reaksie firma 24/7 gemonitor. Daar is ook 'n sekuriteit whatsapp groep wat ons aan behoort. Ons sal wel kyk na verdere sekuriteit soos 'n bystand knoppie en diefwering. Vriendelike groete. Suikerbekkie

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

3.4/5

Rubert Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf R950
R 950 R 475
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
R 950 R 475
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Romulusstraat 4, Rome Glen, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa2f7ff89629335749bdabe247164ae729cb8d434e77d3d85a9c052cfe59b812ddc0efa29ebacc40f8d55431082fcabe0822d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R950 nouVanaf R475 per nag (plek vir 2) 5 5 1 4 4 Romulus Street Rome Glen 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -34.08926 18.86871

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang