Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sunset Lodge & Safaris

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guernsey-weg Plaas 153, Klaserie, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Vanaf R4 080 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sunset Lodge & Safaris is in die Guernsey Privaat Natuurreservaat in Limpopo, sowat 40 km vanaf die Krugerwildtuin se Orpen-hek geleë.

Dié lodge het 'n sonkragstelsel en 'n rugsteunbatterystelsel wat beteken dat die ligte altyd aan bly. Die lodge het 8 kamers wat elkeen uniek versier is en slaapplek vir tot 18 gaste bied. Die slaapkamers het elkeen 'n koninggrootte-bed, koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die een kamer is het 2 dubbelbeddens. Die kamers het elkeen 'n en suite-badkamer. Daar is 2 badkamers met net storte en 4 met storte en baddens. Ses van die kamers lei na die binnehof waar die swembad geleë is. Die Semi-Tent Bush Cabin en die Tented Bush Cabin is ver van die lodge in die bosveld en bied slaapplek aan 2 gaste, asook 'n buitestort elk. 'n Minimumverblyftydperk van 2 nagte word vereis.

Die prys vir akkommodasie sluit aandete en ontbyt in en word op verskeie plekke by die lodge bedien - die oopplan-restaurant met 2 eetkamers, die braaiarea of die bosbraai-area. Daar is 'n 120 m²-dek met 'n kroegarea wat oor die watergat en die Drakensberge uitkyk. In die binnehof is daar 'n swembad met sonstoele en 'n pragtige boma waar heerlike braai-etes vir gaste voorberei word.

Aktiwiteite op die perseel sluit voëlkyk en wildritte in asook bos stap roetes.

Daar is 'n verskeidenheid ander besienswaardighede en aktiwiteite in die onmiddellike omgewing soos Quad Bike Safari, die Blyderivierpoort en begeleide boswandelings asook 'n safari na die Krugerwildtuin. Die lodge help graag gaste met besprekings vir enige van die bogenoemde aktiwiteite. Verskeie van die aktiwiteite is binne 20 km van die lodge.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Baie goed

Netheid
4.8
Ligging
3.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Toni Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Guernsey-weg Plaas 153, Klaserie, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Sunset Lodge & Safaris het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 080
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 4 080
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Guernsey-weg Plaas 153, Klaserie, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb848a8238be9717b31a04946fb09235108acd86e31070913b39b3d3d95f1a05a371fdf11b8920b1ed35d3cb44736afddf21a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 080 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Farm 153 Guernsey road Klaserie 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.530248863533 31.117629800278

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang