Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sunset Lounge

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Madriko Centre 29, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 498 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sunset Lounge is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n kompleks in die hartjie van Langebaan. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n groep vriende of 'n gesinswegbreek aan die Weskus aangesien dit sentraal geleë is.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vanuit die kombuis lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n lieflike patio met 'n sithoekie, 'n buite-eettafel en 'n gasbraai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om saans ten volle te ontspan met 'n skemerkelkie. Die ligging van hierdie kompleks is stapafstand vanaf winkels, restaurante en die strand. Gaste kry veilige parkeerplek in die kompleks.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Albert Geverifieer

Eiendomme 73

Resensies 349

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Madriko Centre 29, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 498
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 498
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Madriko Centre 29, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4e7e2783e484cd4394ef76343a16d3e9c5943bc164da4b79a1621b3980e556645d0939a9d43cdb720f7bd37f307da5145791?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 498 per nag (plek vir 6) 29 Madriko Centre Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.091760690106 18.033277262566

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang